Jump to ratings and reviews
Rate this book

Babalela

Diep, diep in 'n donker bos

Rate this book
Diep, diep in 'n donker bos, waar die son net soms deur die takke loer, en die varings welig diepgroen staan, woon die Babalela, en Wrrrumpie, die haastige en lastige wurm; die humeurige Knortand wat na almal hap met sy skerp bek; Potifant met sy reuse pote, wat kyk waar hy trap, maar nie altyd trap waar hy kyk nie; die nuuskierige Meermoskat; en die agt Fripperwakkies wat nie vir 'n oomblik ophou kwetter nie.

48 pages, Hardcover

First published January 1, 2005

Loading interface...
Loading interface...

About the author

Martie Preller

46 books3 followers
Martie Preller is een van die mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers en het reeds verskeie toekennings vir haar werk ontvang, waaronder die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur vir Babalela en Diep diep in ’n donker bos. Daar het al meer as 50 kinderboeke uit haar pen verskyn.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
3 (60%)
4 stars
2 (40%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
0 (0%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Ilze.
594 reviews23 followers
August 21, 2013
Wat 'n pragtige boekie, al is dit net oor Leonie mal is oor "Babalela", wat sy "Lallie" gedoop het. In Duits sê mens mos "lila" vir pers en dié kan sy nog nie mooi sê nie. Om die waarheid te sê is dit heel toevallig dat Lallie by ons beland het (laat my byvoeg, ek het oorspronklik gedink "Lallie" kom uit die advertensie vir Vodacom ... I like the way you mo-ove!). Ek was by Bargain Books gewees op soek na iets heel anders toe Leonie nog net gekruip het. Die pop was die enigste ding byderhand om Leonie besig te hou terwyl ek rondgesnuffel het. Toe ons mos loop, wou Leonie nie die pop los nie ... nou is "Lallie" al so 'n deel van ons lewens ons mag haar (hom?) nie by die huis los nie! Dit was Vrydag Leonie se verjaarsdag en my ma het op Babalela afgekom: Jy kan jou natuurlik die vreugde voorstel toe Leonie vir Lallie in "lewende lywe" in die boek sien! Die name van die diertjies is egter wonderlik! Fripperwakkies en Potifant ... en "Wrrrumpie". Leonie is by haar skool ook 'n "Wrrrumpie" totdat sy oorvolgende jaar 'n skoenlapper word. Ek verkyk my aan die illustrasies wat werklik soos iets diep in die bos voorkom - en die storie het ook iets by my tuisgebring: 'n Mens moet maar net doen waarvoor jy geskep is, al word jy in 'n boks geprop. Dis juis wat jou vrymaak. Martie Preller: dankie vir 'n pragtige verhaal en die Maritze se illustrasies is tops!
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.