Jump to ratings and reviews
Rate this book

Die hart van Zeebak

Rate this book
Toe Ferdinand bykom, lê hy op die naat van sy rug. Hy kyk na die dowwe sterre en die volmaan wat rond en rooi bokant hom hang. Hy het in die lig ingeloop. Dis al wat hy kan onthou.

Hy kom stram orent, draai sy kop heen en weer en roer sy skouers.

Skielik ruk sy kop op. Dit was dan netnou sekelmaan. Hy soek die Suiderkruis. G’n teken daarvan nie. Wat op aarde...?

Die volmaan verlig alles met ‘n skemerige dynserigheid. Hy loop tussen ruie bosse deur – g’n doringbome nie. Hy snuif die lug. Ruik vars.

Daar’s ‘n veraf dreuning. Dit klink soos die see. Dit klink nes golwe wat op rotse slaan.

Hy was tog in die middel van die Bosveld...? Hier kan nie see wees nie! Maar dit klink so, ruik so, voel ook so. Selfs die lug is klam op sy vel.
Hy raak van sy stewels ontslae en begin te hardloop. Ferdinand, sê ‘n stukkie rasionaliteit in sy agterkop, you are loosing it. Maar hy ignoreer dit. Hy is hier. Waar hier ook al is. Hy is agttien jaar oud. En hier êrens is die mooiste meisie wat hy nog ooit gesien het.

160 pages, Paperback

Published January 1, 2004

Loading interface...
Loading interface...

About the author

Martie Preller

46 books3 followers
Martie Preller is een van die mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers en het reeds verskeie toekennings vir haar werk ontvang, waaronder die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur vir Babalela en Diep diep in ’n donker bos. Daar het al meer as 50 kinderboeke uit haar pen verskyn.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (20%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
3 (60%)
2 stars
1 (20%)
1 star
0 (0%)
No one has reviewed this book yet.

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.