Jump to ratings and reviews
Rate this book

Maar my magtig, Moesoek!

Rate this book
"Juffrou Betermeyer is 'n alien," sê Moesoek. "En Tee ook."

Ek kyk na hom om te sien of hy 'n grap maak, maar sy gesig is uitdrukkingloos.<>

So begin daar vir Aron 'n vreemde vriendskap, en 'n vreemde vakansie.
Want vandat Moesoek in sy lewe gekom het, is niks ooit weer dieselfde nie.
Moesoek wat altyd net sy vrae omdraai, Moesoek met sy koppige stiltes ... Moesoek wat 'n geheim wegsteek van wat vier jaar gelede gebeur het. In daardie Desembervakansie leer Aron wat dit werklik beteken om vriende te wees.

Martie Preller se verhale vir jong lesers is al met verskeie pryse bekroon, met die mees onlangse die aanwysing van In die tyd van die Esob as IBBY Honour Book vir 1997.

(flapteks)

74 pages, Paperback

First published January 1, 1998

Loading interface...
Loading interface...

About the author

Martie Preller

46 books3 followers
Martie Preller is een van die mees geliefde Afrikaanse kinderboekskrywers en het reeds verskeie toekennings vir haar werk ontvang, waaronder die Tienie Holloway-medalje vir kleuterliteratuur vir Babalela en Diep diep in ’n donker bos. Daar het al meer as 50 kinderboeke uit haar pen verskyn.

Ratings & Reviews

What do you think?
Rate this book

Friends & Following

Create a free account to discover what your friends think of this book!

Community Reviews

5 stars
1 (50%)
4 stars
0 (0%)
3 stars
0 (0%)
2 stars
0 (0%)
1 star
1 (50%)
Displaying 1 of 1 review
Profile Image for Coenraad.
804 reviews41 followers
May 15, 2015
'n Uitstekende kort roman oor 'n graadtienseun, Aron Groenewald, wat in die piepklein en vervelige dorpie Vredehoek woon en in Franskraal op skool is. Tydens die Desembervakansie, wanneer sy ma hom een dag kruidenier toe stuur met 'n lange lys benodigdhede, moet die kruidenier se seun hom alles help huis toe dra. So begin hy en Moesoek gesels, al ry hulle al maande lank elke oggend saam skoolbus. Moesoek is baie slim, maar afsydig. Die vriendskap is vir Aron vreemd en ongemaklik, maar omdat hy nie juis ander vriende het nie, laat hy hom dit welgeval. Moesoek kan blykbaar nie 'n direkte vraag beantwoord nie en is soms nie beskikbaar wanneer Aron by sy huis aankom nie. Tog pak hulle interessante projekte aan, soos om juffrou Betermeyer, 'n bejaarde vrou wat ook in Vredehoek woon, se tuin reg te ruk.

In die verloop van die vakansie leer Aron veel omtrent die aard van vriendskap. In die maande daarna word sy vermoë as vriend deeglik getoets as Moesoek in sy slaai krap en altyd sy geheim dig toehou en weier om dit met Aron te deel.

Preller stel ons voor aan 'n groep interessante karaters wat op besondere wyse die struikelblokke in hulle lewens moet oorkom. Hoewel haar spronge tussen die teenwoordige tyd en die verlede tyd my gepla het, is haar verhaal sterk genoeg dat 'n mens wil bly lees.

Preller introduces an interesting bunch of people, with Aron as first person narrator. His strange friendship with Moesoek is tested by secrets and the usual issues of growing up. It is a fine and fascinating narrative.
Displaying 1 of 1 review

Can't find what you're looking for?

Get help and learn more about the design.